has gloss | afr: Die Hugenote-kollege op Wellington in die Wes-Kaap is in 1874 gestig deur mes. Anna Bliss en Abbie Park Ferguson as die Hugenote-Seminarie, die eerste inrigting in Suid-Afrika waar vroue opleiding in hoër onderwys kon ontvang. Dit het groot aanmoediging van die NG Kerk en ds. Andrew Murray gekry en is besoek deur dogters van gesiene families. Dit het later graadprogramme aangebied onder die vleuels van die Universiteit van Suid-Afrika, maar skakel vanaf 2010 in onder die akademiese vleuels van die Universiteit van Stellenbosch. |