has gloss | afr: Dysselsdorp is n dorpie in die Klein Karoo, ongeveer 30 kilometer van Oudtshoorn teen die voet van die Kamanassie Berge. Die dorp is in 1838 as n sendingstasie deur die London Missionary Society gestig. In 1877 is die ongeveer 1,5 hektaar deur John X. Merriman in vrypag aan die 148 inwoner families toegestaan. Die dorp, met bevolking van ongeveer 12 000, word tot vandag toe nog hoofsaaklik deur afstammelinge van voormalige slawe en mense van gemengde rasseafkoms besit en bewoon. Daar is n klein katolieke kapel op n styl heuwel aan die suide kant van die dorp. |